Mar del Plata

Mar del Plata
Stad
Byname: 
La Perla del Atlántico, La Feliz, Mardel, Marpla
Mar del Plata is in Argentinië
Mar del Plata
Mar del Plata
Koördinate: 38°0′12″S 57°33′10″W / 38.00333°S 57.55278°W / -38.00333; -57.55278
LandVlag van Argentinië Argentinië
Provinsie Buenos Aires
Stigting10 Februarie 1874
Regering
 • BurgemeesterGuillermo Montenegro
Oppervlak
 • Stedelik
79,48 km2 (30,69 vk. myl)
Hoogte
38 m (125 ft)
Bevolking
 • Stad614 350
 • Metro
914 657
TydsoneUTC-3 (ART)
 • SomertydUTC-2 (ARST)
Poskode
7600
Skakelkodes+54 223
Webwerfmardelplata.gob.ar

Mar del Plata (Spaans: Silwersee) is die grootste en bekendste vakansieoord van Argentinië en lê op die rotsagtige skiereiland van Cabo Corrientes in die suidooste van die provinsie Buenos Aires, 404 kilometer van die hoofstad Buenos Aires af.

Die stad met 'n oppervlak van 79,48 vierkante kilometer en sowat 614 350 inwoners het die bynaam La Perla del Atlantico ("Die Pêrel van die Atlantiese Oseaan"). Mar del Plata se kuslyn strek oor sowat 47 kilometer. Sy strande word deur talle wolkekrabbers met woonstelle oorheers.


Developed by StudentB